AMEX Eden-klubkampioenskappe 2026

Die Eden-byeenkoms van die Nasionale Klubkampioenskappe, geborg deur American Express, was ’n reuse-sukses! George Tennisklub het op Saterdag, 18 April 2026, ’n skoonveeg in albei afdelings behaal.
Baie geluk aan die wenspan van die A-afdeling, die Great Warriors, en die naaswenners, die George Stingers. Baie geluk aan die wenspan van die B-afdeling, die George String Quartet, en die naaswenners, die George Lilies.
Die byeenkoms is in mooi weer op die George Tennisklub se toernooistandaardbane gespeel en het 32 spelers van Eden-geaffilieerde klubs gelok wat hul talent en vaardigheid ten toon gestel en goeie sportmanskap openbaar het. Vier spanne het in elk van die A- en B-afdelings deelgeneem. Die kameraadskap tussen die spelers, binne en buite die baan, het bygedra tot ’n wonderlike atmosfeer en toernooi-ervaring!
Voorspoed aan George Tennisklub se spanne wat deurgedring het na die AMEX Provinsiale Klubkampioenskappe, wat op 06 en 07 Junie 2026 by die Strand Tennisklub geskeduleer is. Daar sal hulle sterk teenstand van spanne van klubs in die Kaapstad- en Wynlanddistrikte ondervind.
Ons spreek ons innige waardering en dank uit teenoor American Express, die borg van hierdie wonderlike klubtoernooi waarin die Eden-spelers soveel genot daaruit geput het om mee te ding.
Vriendelike groete
Debra Hyde
Toernooidirekteur: AMEX Eden-klubkampioenskappe











Comments
Loading comments…


